Heenkoms - Meyer van Rensburg
Heenkoms - Meyer van Rensburg

Heenkoms

R200.00

38 jaar na Klankmanwoordboom verskyn Heenkoms, ’n beleë bundel waarin taalspel steeds ’n rol speel, maar die leser veral raak met die eerlike worsteling met kwessies soos emigrasie, geloofsvrae en die naderende ouderdom.

ISBN: 978-0-620-92969-1

Kategorieë: ,

Etikette: ,

Meyer van Rensburg het in 1983 as digter gedebuteer met die bundel Klankmanwoordboom, wat weens sy vernuftige woordgebruik goed deur die literêre kritiek ontvang is. Ná 38 jaar verskyn Heenkoms, ’n beleë bundel waarin taalspel steeds ’n rol speel, maar die leser veral raak met die eerlike worsteling met kwessies soos emigrasie, geloofsvrae en die naderende ouderdom. Die titel van die bundel sinspeel op sowel aankoms as heenreis na ’n nuwe bestemming.

Die bundel bestaan uit drie afdelings. In die eerste, “Uittrek”, vereenselwig die digter hom met Moses, wat twyfel of sy woorde suiwer genoeg sal wees vir die taak wat hom opgelê is. Gedigte oor die aanpassing in ’n nuwe land staan naas herinneringe aan die plek van sy herkoms en familielede. Die tweede afdeling, “Uittog”, bevat gedigte oor die taak van die klankman wat met woorde en musiek werk. Reëls soos “luier ek en bly ryk luister/ lank nadat die laaste note draal” (“Luisterryk”) toon dat Van Rensburg steeds oor die woordvernuf van sy eerste bundel beskik. In die afdeling “Uitspraak” word die aanpassing in die nuwe land verwoord, met gedigte waarin Afrikaanse poësie soms steeds eggo wanneer die digter nadink oor die plantegroei, mense en historiese plekke en gebeure in die nuwe land. Die bundel sluit af met gedigte waarin die spreker as skrywer en skilder besin oor die naderende einde van die lewensreis.

 


 

Teikenmark:

Lesers wat hou van woordvernuf en slim taalspel, maar ook begrip het vir die worstelende vrae oor roeping, emigrasie en aanpassing wat deur die bundel loop.

Dimensies 152 × 222 mm
Genre

Poësie

Outeur

Meyer van Rensburg

Verskyningsdatum

Mei 2021

Aantal bladsye

94