Rakelinks

R200.00

Pirow Bekker se tiende digbundel word gekenmerk deur beweging, stuwing en vaart, gedra deur allerlei voertuie: van skamelkar en stoomtrein tot hommeltuig en vuurpyl.

ISBN: 9780620982993

Kategorieë: ,

Etikette: ,

Wanneer daar stilstand kom, stu die woord verder in odes, gestalteverse en monoloë. Deur alles loop aanrakings, mild van die liefde; of wreed waar die sang versteur word. Soms word die aangeraaktes links gelaat in die magtige bewegings van planeet en uitspansel, van kernreaktor en vulkaan.

 

Die wêreld is vir die digter steeds ’n speurtoneel waar hy met sy loep die kosmiese en die aardse, die mitologie en die werklikhede van die verlede en die hede kan ondersoek. Die digter in Bekker is nog lank nie dood nie – hy wil soos Homeros weer die muse aanroep en gereedmaak  “om in te skeep/ en rakelings langs ’n blinde kus te vaar”.

 

Gewig 1 kg
Dimensies 152 × 6 × 222 mm
Genre

Poësie

Outeur

Pirow Bekker