Splintertyd
Splintertyd

Splintertyd

R180.00

Herinnering speel nou ’n groter rol in die gedigte, maar die bundel sit ook Van Niekerk se denke oor die plek van die mens as verbruiker en verwoester van die aarde se hulpbronne voort.

ISBN: 978-0-620-94670-4

Kategorieë: ,

Etikette: ,

Dolf van Niekerk se agtste digbundel bestaan uit twee dele, ’n ongetitelde deel 1 en ’n tweede deel met die titel “Korona”. Die eerste deel is ’n baie persoonlike besinning oor die aftakeling van die ouderdom: Die verlies aan beweeglikheid maak “elke tree  ’n waagstuk” (“Staan ek met die kruk”), en sy swak oë maak dat  “letters saamsmelt in sinlose wasigheid” (“Ballade van sig”. Herinnering speel nou ’n groter rol in die gedigte, maar die bundel sit ook Van Niekerk se denke oor die plek van die mens as verbruiker en verwoester van die aarde se hulpbronne voort. Die abstrakte idees kry konkrete gestalte in motiewe wat vroeër reeds  in sy poësie ’n rol gespeel het, soos die wit skoenlapper, bome en duiwe.

Die gedigte in die tweede afdeling het inhoudelik meestal te make met Van Niekerk se oorlewingstryd teen die koronavirus. Op aangrypende wyse skryf hy oor die afsondering en verwarring wat hy in die intensiewe sorgsaal ervaar het. In die laaste gedigte verbeeld hy sy nabydoodervaring, soos “’n tollende pop” in ’n storm, wat nie meer sy verlede kan vasgryp nie. Die bundel eindig met die visioenêre “Aan die oewer van die stroom” waarin ’n stem hom terugdwing na die lewe en “die ewige kwarantyn binne die self” deurbreek word.


Teikenmark:

Die gedigte oor die ouderdom en die betekenis van die lewe is toeganklik vir alle lesers. In die tyd van die pandemie sal die aangrypende gedigte oor sy siekte tot talle mense spreek wat self met Covid-19 te doen gehad het en geliefdes aan die dood moes afstaan.

Dimensies 152 × 222 mm
Genre

Poësie

Outeur

Dolf van Niekerk

Verskyningsdatum

Oktober 2021

Aantal bladsye

62