Bester Meyer is in Alberton gebore. Hy studeer regte en staan tans in die regsberoep. Meyer debuteer in 2020 met Die Testament, wat bekendgestel is saam met toonsettings van Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker ander digters: Musiek vir jou ure. Twee bundels literêre omdigtings verskyn ook uit sy pen. Hy hou van joga en musiek maak saam met Die Naamlose Dors.