Bestelriglyne

Onseker oor hoe om ‘n bestelling te plaas?

Lees gerus hieronder ons bestelproses, blaai ondertoe vir Algemene Vrae, of stuur vir ons ‘n navrae boodskap.

1. Soek die boek wat jy wil koop hier

2. Klik op die boek se foto en dan op die “Voeg by mandjie”-knoppie. Jy kan ook jou muis oor die boek se foto hou en die “Voeg by mandjie”- knoppie druk sodra dit verskyn.

3. Om die bestelling te plaas moet jy eers jou mandjie besigtig. Klik op die “mandjie”-ikoon wat regs boaan die bladsy sit en dan op die “Beskou mandjie & betaal”-knoppie. 

4. Maak seker jy het al die boeke wat jy wil koop by jou mandjie gevoeg. Druk dan die “Gaan voort”- knoppie.

5. Vul jou persoonlike besonderhede en afleweringsadres in, of meld aan as jy reeds voorheen by ons ‘n bestelling geplaas het. Maak asseblief seker dat jy ’n kontaktelefoonnommer, verkieslik ’n selfoonnommer, bygevoeg het. Die koerierdienste het so ’n nommer nodig wanneer die aflewering gedoen word.

6. Druk die “Plaas bestelling”-knoppie om jou bestelling deur te sit.

7. Jy sal binne ‘n paar minute ‘n e-pos van ons ontvang wat bevestig dat ons jou bestelling gekry het. Maak dan jou betaling per elektroniese oorplasing (EFT). Ons rekeningbesonderhede sal op jou e-pos verskyn, maar is ook onderaan hierdie bladsy.

8. Ons sal bevestig sodra ons jou betaling ontvang het.

9. Ons laat weet jou sodra jou bestelling reg is en op pad is na jou.

Algemene Vrae

Hoe betaal ek?

Ons aanvaar net elektroniese oorplasings (EFT) na ons rekening: 

Quant Consulting (Edms.) Bpk.
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 010 852 145
Takkode: 632 005

Die bankbesonderhede is ook beskikbaar in die faktuur wat per e-pos na jou gestuur word sodra jy ‘n bestelling op ons aanlyn winkel maak.

Kan ek net boeke deur die aanlynwinkel koop?

Ons verkies dat jy gebruik maak van ons aanlynwinkel, maar jy kan ons gerus direk per e-pos kontak met jou bestelling. Stuur ‘n e-pos na redaksie@imprimatur.co.za of stuur ‘n boodskap deur die vorm op ons webwerf.

Hoe word boek/e afgelewer?

Bestellings word per koerier (gewoonlik The Courier Guy) gestuur na jou afleweringsadres mits dit in een van die hoofsentrums is, of na jou naaste PostNet of Pep (as daar nie ’n PostNet-winkel op jou dorp is nie) waar jy dit kan gaan afhaal sodra jy ’n SMS van hulle ontvang.

Hoeveel is die versendingskoste per bestelling?

Daar is ‘n vaste tarief van R100 (wat tans die PostNet-tarief is) op alle bestellings. Indien jou bestelling meer as die vaste tarief is, sal ons jou direk kontak.

Kan ek eerder die boek/e wat ek gekoop het kom haal?

As jy reeds jou boeke in ons aanlynwinkel gekoop het, maar self in Gauteng woon en die koerierkoste wil vryspring, kan jy jou produkte by Imprimatur se kantoor in Val-de-Grace, Pretoria kom haal. Let asseblief daarop dat ons nie altyd in besigheidsure op kantoor is vir die afhaal van die bestelling nie. Stuur asseblief ’n e-pos om seker te maak dat iemand op kantoor sal wees. Ons is altyd bly om lesers te ontmoet.

Waar kan ek al die boeke sien?

Al die boeke wat deur Imprimatur verkoop word, kan hier besigtig word.

Kan ek my boek/e terugstuur of laat omruil?

Indien daar iets fout is met die boek, sal ons dit graag omruil.

Hoe lank voor ek my bestelling ontvang?

Bestellings word gewoonlik binne 3 versend. Indien dit langer as 5 dae neem, sal ons jou in kennis stel.