Piaf & Brel: Luisterryk!

R230.00

Die sangers Édith Piaf en Jacques Brel het gewild geword vir die treffende melodieë van hul chansons en die besondere timbre van hul stemme. Dié passievolle sang het sinnebeeldend geword van die allure van die Franse kultuur en veral van Parys.

SKU: 978-0-6397-6979-0-1

Categories: ,

Tags: ,

Die sangers Édith Piaf en Jacques Brel het gewild geword vir die treffende melodieë van hul chansons en die besondere timbre van hul stemme. Dié passievolle sang het sinnebeeldend geword van die allure van die Franse kultuur en veral van Parys. ’n Hele aantal Afrikaanse sangers het dan ook reeds van Piaf en Brel se chansons in hul uitvoerings en opnames ingesluit, of selfs hele programme aan keuses uit dié Franse liedere gewy.

Die Franse lirieke was egter steeds vir die meeste Afrikaanssprekendes ontoeganklik. Te danke aan die toegewyde samewerking tussen Naòmi Morgan, hoogleraar in Frans aan die UV, en Bernard Odendaal, voormalige direkteur van die ATKV-Skryfskool van die NWU, is dié liedtekste nou ook in Afrikaans beskikbaar. Omdat die metrum van die oorspronklike Frans behou is, leen die Afrikaanse tekste hulle uitstekend tot sanguitvoerings en is dit reeds met groot sukses op die verhoog aangebied deur die kabaretkunstenaars Herman van den Berg en Jolette Odendaal.

Die bundel is veral ’n leesteks waarmee Afrikaanse lesers hulle kan inleef in die sfeer van Parys, die platteland én stede van Vlaandere – en, bowenal, in die veelkantigheid van die liefde.

Weight 1 kg
Dimensions 137 × 6 × 213 mm
Genre

Poetry

Outeur

Bernard Odendaal, Édith Piaf, Jacques Brel, Naòmi Morgan