Spotsanger: sewe woordwisselings met landskap Tyd

R200.00

As spotsanger vind Bester Meyer met hierdie bundel aansluiting by die hekelverse en satiriese digkuns wat ver in Afrikaans terugstrek.

SKU: 978-1-0370-1668-4

Categories: ,

Tags: ,

As spotsanger vind Bester Meyer met hierdie bundel aansluiting by die hekelverse en satiriese digkuns wat in Afrikaans so ver terugstrek as A.G. Visser, C.J. Langenhoven en meer onlangs M.M. Walters.

Die bundel se eerste afdeling is gewortel in die Suid-Afrikaanse werklikheid en poëtiese tradisie. Dit word gevolg deur met “woordsweef” uit te reik na die “ander” en na die goddelike.

Die digter spreek kommer uit oor 21ste eeuse menslike probleme, wêreldvraagstukke, en die bedreiging van politieke en militêre magte wat as’t ware sit en kaart speel om die lotgevalle van mens en omgewing te besleg. Selfs die vergadering van die elite by Davos loop deur onder die spotsanger se tong. Hy tree ook in gesprek met Breyten Breytenbach se Oorblyfsel/Voice Over en met die Palestynse digter Magmoed Darwiesj.

Die tweede helfte van die bundel word ’n pleitrede vir “iets magies-menslik mooi”, vir suiwering en “vir die Woord wat sou kom”.

Weight 0.155 kg
Dimensions 213 × 137 × 8 mm
Outeur

Bester Meyer

Genre

Poetry