Veldboek
R180.00
Veldboek, die titel van Johann Lodewyk Marais se twaalfde digbundel, is uiters gepas, want dit is inderdaad ‘n optekening van bome, veldblomme en -plante, grasse en swamme.
Tog behels Marais se verbondenheid aan spesies veel meer as bloot die boekstawing van veldkennis: Deur sy digtersblik ontgin hy die lewende poësie van die inkblom en die rivierpampoen. Veldboek eggo die woorde uit T.T. Cloete se “God die digter”: “die aarde is deur ‘n digter gemaak”.
Marais verwoord die dinamiese en komplekse wisselwerking tussen fauna en flora op verrassende wyses. Geen boom, plant of dier leef in Marais se veldlandskap in ‘n staat van inperking nie. Dit is ook kenmerkend van die veelvlakkige verhouding tussen mens en natuur, want uit kiaat maak kunstenaars houtvisse en die blomme van die Terblansbossie bied troos aan ‘n hartseer kind.
Veldboek is digterlike botanie in die rykste sin en ‘n voortsetting van Marais se verwondering oor spesies. Die bundel is bevestigend van sy geskakeerde bydrae tot die Afrikaanse spesievers en omgewingspoësie.
Target Market
Vir liefhebbers van natuurpoësie en die buitelewe, ook relevant vir omgewingsbewustes. Marais se gedigte laat die leser die kleiner lewensvorme rondom ons fyner waarneem en hul eienaardighede beter raaksien.
Dimensions | 152 × 222 mm |
---|---|
Genre | Poetry |
Outeur | Johann Lodewyk Marais |
Verskyningsdatum | November 2020 |
Aantal bladsye | 98 |