Berigte uit die skemerland

R130.00

Die bundel is die verwoording van die groot filosofiese vrae oor die ware, die goeie en die skone, soos dit vergestalt word in die lewe van ‘n individu.

ISBN: 978-0-620-82611-2

Kategorieë: ,

Etikette: ,

Met hierdie versameling gedigte, wat Dolf van Niekerk rondom sy 90ste verjaardag geskryf het, peins die digter oor die lewensfase waarin hy hom nou bevind. Hy noem die gedigte “berigte”, asof hy aan die lesers nuus wil oordra oor sy ervaring terwyl hy hom in ’n skemerland bevind, die land tussen dag en nag, tussen lig en donker. Hy kyk ook terug na die hartseer en eensaamheid wat deel was van sy kinder- en volwasse jare, met die besef dat hy van vroeg af ’n enkeling was.

Die digter vind parallelle vir sy eie lewe wanneer hy nadink oor die geskiedenis van die aarde, die mens en die beskawing, met hoogtepunte en tye van opbloei, maar ook besef dat agteruitgang onvermydelik deel daarvan is. Die wisseling van dag en nag en die seisoene dra by tot ’n gevoel van berusting en aanvaarding. Hy kan hom nog steeds verlustig in die vreugde wat die natuur, musiek en die liefde bied. Hoewel die skemer ’n tyd van afskeid is, is dit ook “tyd vir die engele”, ’n sagte tyd en ’n tyd waarin die mens genoeg lig het om die onsienlike te kan sien en die ondenkbare te kan bedink. Te midde van die twyfel wat die mens hier op aarde ervaar, kan hy ook sekerheid verwag in sy soeke na die ware lig tussen die twee pole van lig en duister.

Berigte uit die skemerland is ’n digbundel waarin die groot filosofiese vrae oor die sin van die menslike bestaan, die ware, die goeie en die skone, gestalte kry in verse oor die lewe van ’n individu.

Gewig 150 kg
Dimensies 152 × 5 × 222 mm
Outeur

Dolf van Niekerk

Genre

Poësie

Vrystellingsdatum

14 Maart 2019

Aantal bladsye

58