Dolf van Niekerk vier vanjaar sy 90ste verjaardag. Hy het sy loopbaan begin as omroeper by die destydse Afrikaanse diens en later oorgeskuif na Landbouradio.
Heinie Heydenrych is ‘n historikus wat verbonde was aan die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing en die Universiteite van Natal en Pretoria.
Johann Lodewyk Marais is bekroon met die Ingrid Jonker-prys vir sy debuutbundel, ‘Die somer is ‘n dag oud’ en het die SALA-prys vir ‘Diorama’ ontvang.
Pirow Bekker, ’n gebore Vrystater, se lewe is so gevarieerd soos sy skryfwerk. Hy het sy loopbaan as koerantman begin, was onderwyser, dosent in Afrikaans en later hoof van die Dokumentasiesentra by die RGN.
Prof. W.J. Henderson is emeritusprofessor in Griekse en Latynse Studies aan die Universiteit van Johannesburg.
Imprimatur Uitgewers nooi u vriendelik uit na die bekenstelling van W.J. Henderson se “Die Geleerde Digter” digbundel reeks. Dit vind plaas op Donderdag 14 Maart om 17:30 vir 18:00 by Tambotiestraat 46, Val de Grace, Pretoria. Die twee publikasies en ander boeke sal by die geleentheid te koop wees. Parkeerplek is op die terrein en […]
Imprimatur Uitgewers nooi u vriendelik uit na die bekenstelling van Dolf van Niekerk se “Aan die deur van die wis en die onwis” en Pirow Bekker se “Berigte uit die skemerland“. Dit vind plaas op Donderdag 14 Maart om 17:30 vir 18:00 by Tambotiestraat 46, Val de Grace, Pretoria. Die twee publikasies en ander boeke […]