Outeurs

Dolf van Niekerk

Dolf van Niekerk vier vanjaar sy 90ste verjaardag. Hy het sy loopbaan begin as omroeper by die destydse Afrikaanse diens en later oorgeskuif na Landbouradio.

Dr Meyer van Rensburg

Dr Meyer van Rensburg

Dr. van Rensburg het sy loopbaan as klankingenieur begin, maar hom verder in die teologie bekwaam, ’n doktorsgraad behaal, by verskillende universiteitskolleges doseer en sewe boeke oor teologiese onderwerpe geskryf.

Erik Holm

Erik Holm is een van Suid-Afrika se baanbreker-entomoloë met ’n groot aantal wetenskaplike publikasies op sy kerfstok.

Heilna du Plooy

Heilna du Plooy was hoogleraar in Afrikaans letterkunde aan die NWU en het benewens talle akademiese publikasies ook drie digbundels, vertalings uit Nederlands, ’n roman en ’n versameling briewe van prof. Elize Botha gepubliseer. Sy en haar man, prof. Dries du Plooy, woon tans in Jeffreysbaai.

Heinie Heydenrych

Heinie Heydenrych is ‘n historikus wat verbonde was aan die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing en die Universiteite van Natal en Pretoria.

Joan Hambidge

Joan Hambidge

Die produktiewe akademikus, digter en deesdae ook bedrywige blogskrywer Joan Hambidge is bekend vir haar gedigte oor reise en die brose verhoudings tussen mense.

Johann Lodewyk Marais

Johann Lodewyk Marais is bekroon met die Ingrid Jonker-prys vir sy debuutbundel, ‘Die somer is ‘n dag oud’ en het die SALA-prys vir ‘Diorama’ ontvang.

Pirow Bekker

Pirow Bekker, ’n gebore Vrystater, se lewe is so gevarieerd soos sy skryfwerk. Hy het sy loopbaan as koerantman begin, was onderwyser, dosent in Afrikaans en later hoof van die Dokumentasiesentra by die RGN.

W.J. Henderson

Prof. W.J. Henderson is emeritusprofessor in Griekse en Latynse Studies aan die Universiteit van Johannesburg.