Die geleerde digter (boekebundel)

R600.00

Die oorspronklike tydvak waarin hierdie gedigte geskryf is, lê ver in die verlede, maar die algemeen menslike vraagstukke soos liefde, dood en die verwondering oor die natuur spreek nog steeds tot die moderne leser.

ISBN: 978-0-633-99219-0-7, 978-0-6399219-1-4, 978-0-6399219-1-4, 978-0-6399219-2-1 978-0-6399219-2-1 (

Kategorieë: ,

Etikette: ,

In Die geleerde digter se drie bande bespreek prof. W.J. Henderson twee besondere digsoorte in die poësie van die antieke Griekse letterkunde wat ’n groot invloed op die Westerse letterkunde uitgeoefen het en vandag nog tot lesers spreek.

Hierdie werk se drie dele is die laaste in ’n reeks Afrikaanse vertalings van die kort digvorms uit oud-Grieks. Die skrywer het reeds in drie vorige publikasies –– liriese, elegiese en jambiese poësie vertaal en bespreek. Die herdersdig en epigram van die nuwe reeks het hulle grootste bloei geniet in dieselfde era, die Hellenistiese periode van die Griekse kultuurgeskiedenis (ná die dood van Alexander die Grote in 332 tot 31 v.C. toe Alexandrië in die Romeinse Ryk ingelyf is). Die twee digvorme verskil egter van mekaar ten opsigte van vorm en inhoud.

Die oorspronklike Griekse gedigte is uitstekend vertaal in Afrikaans, maar die moderne leser kan nie sonder hulp die historiese en literêre konteks, betekenis, funksie en literêre gehalte en waarde van die gedigte verstaan nie. Daarom word kommentaar by die gedigte verskaf om hulle betekenis toeganklik te maak. Die aantekeninge by elke vertaalde gedig vat die navorsing van talle geleerdes oor ’n lang tydperk saam wat die kulturele konteks van die digters en hulle werk verduidelik. Veral in die afgelope vier dekades is daar opnuut belangstelling in hierdie digvorms onder internasionaal bekende klassici.

Vir diegene wat wel oud-Grieks magtig is of in die ontwikkeling van die klassieke Griekse letterkunde belangstel, word ook kommentaar op styl, veral nuwe woordskeppings en uitsonderlike taalgebruik aan die einde van besprekings van gedigte gegee.

Gewig 1200 kg
Dimensies 152 × 42 × 222 mm
Outeur

W.J. Henderson

Genre

Letterkunde