Aan die deur van die wis en die onwis

R180.00

Bekker het ’n slag om ’n vertelling so te plooi dat die leser dikwels na die begin van die verhaal moet terugkeer of soek na daardie klein besonderheidjie wat jy dalk nie raakgelees het nie en dalk op die slot kan lig werp.

Categories: ,

Tag:

’n Gevoel vir die geheimsinnige en ontwykende, deernis met menslike hebbelikhede en swakhede,  en soms ook ’n skerp ironiese kyk kenmerk hierdie stewige versameling kortverhale van Pirow Bekker, een van Afrikaans se veelsydigste skrywers. Of dit nou ’n spookstorie, ’n liefdesverhaal, ’n vertelling uit die Anglo-Boereoorlog of ’n kind se naïewe belewenis van ingrypende gebeure is, Bekker se vernuftige en suggestieryke taalgebruik dwing die leser altyd om ook onder die oppervlak en tussen die lyne te lees. Want skuil daar nie dalk iets meer as die blote stories oor – op die oog af – herkenbare figure in geloofwaardige situasies nie?

… ’n belangrike toevoeging tot die kwynende kanon van die kortkuns … ’n bevestiging van Bekker se statuur as ’n uitsonderlike, veelsydige skrywer wat oor soveel dekades heen ’n gehaltebydrae gelewer het tot die Afrikaanse letterkunde – Louis Esterhuizen

Outeur

Pirow Bekker

Genre

Literature