verveertaal

R180.00

In verveertaal, Ilse van Staden se vyfde digbundel, ondersoek, gebruik en bevestig sy die rol van taal in ’n voortgaande proses van verandering en aanpassing. Taal as instrument, medium en identiteit kom in heelwat gedigte aan die bod. 

SKU: 978-0-6397-8639-1

Categories: ,

Tags: ,

In verveertaal, Ilse van Staden se vyfde digbundel, ondersoek, gebruik en bevestig sy die rol van taal in ’n voortgaande proses van verandering en aanpassing. Taal as instrument, medium en identiteit kom in heelwat gedigte aan die bod. 

Die titel roep sowel die skryf- en skilderkuns as vernuwing op. Die talle gedigte oor voëls, die swerwende, bewegende en blywende bewoners van die aarde en die lug, is metafoor van die migrant én die inheemse, van ontheemding én van tuisword, soos wat die “verveer”-deel van die titel suggereer. Daarby word die veerpen ’n instrument wat opteken, bewaar en ook oopmaak: Dit bestendig gewaarwordings, gedagtes en gevoelens in fyn lyne op papier, doek of perkament. 


Target Market

Ilse van Staden verwoord in hierdie bundel sowel die winste en verliese van die verandering wat ’n nuwe wêreld eis. Dit is veral die onsekerheid rakende haar skryftaal, Afrikaans, wat haar menswees raak, en wat die digter noop om soos ’n trekvoël te verveer en ’n nuwe werklikheid te ver-taal. Die bundel sal Suid-Afrikaners raak wat nuwe tuistes moet vind en veral die verlies aan die moedertaal aan die hart voel.

Weight 1 kg
Dimensions 137 × 6 × 213 mm
Genre

Poetry

Outeur

Ilse van Staden