Amplitudes en Koloriete
R210.00
Die kleure en klanke van die dinge in die wêreld om ons word gevier in Meyer van Rensburg se derde digbundel.
Die kleure en klanke van die dinge in die wêreld om ons word gevier in Meyer van Rensburg se derde digbundel. Die digter verkyk hom aan die ryke verskeidenheid: mense, landskappe, kunswerke, klippe, edelstene en plante.
Uiteenlopende klanke, soos dié van musiekinstrumente en voëlgeluide word ook besing. Die mensdom in al sy verskyningsvorme en aktiwiteite, selfs menslike spel soos krieket, boei die digter. Die mosaïek van die kosmos word vir hom “soos die reisdekens/ wat ma gehekel het”. Al is die digter bewus van die sterflikheid van die aardse, troos hy hom daaraan dat die stemme van kunstenaars bly voortleef.
| Weight | 0.2 kg |
|---|---|
| Dimensions | 222 × 152 × 8 mm |
| Genre | Poetry |
| Outeur | Meyer van Rensburg |





