Prof. Dieter Holm is in 1936 in Pietermaritzburg gebore, maar die gesin verhuis in 1938 na Duitsland. Ná hulle terugkeer na Suid-Afrika woon hulle naby die Hartbeespoortdam.

Dieter behaal in 1997 ’n Ph.D.-graad in Argitektuur aan die Universiteit van Pretoria waar hy dosent en later departementshoof was. Hy verrig baanbrekerswerk op die terrein van omgewingsvriendelike boukuns, is steeds betrokke by volhoubare ontwikkelingsprojekte en is tans direkteur vir energie by die ZZ2-boerdery.