Sale!
Die ossewa en sy spore
"Die ossewa en sy spore" agterblad

Die ossewa en sy spore

R650.00

Hedendaagse Suid-Afrikaners assosieer die ossewa onvermydelik met die Groot Trek en groot geskiedkundige gebeure soos die Slag van Vegkop en Bloedrivier. Sonder die ossewa sou hierdie gebeure inderdaad ook nie denkbaar wees nie.

ISBN: 978-0-620-89142-4

Kategorieë: ,

Etikette: ,

Hedendaagse Suid-Afrikaners assosieer die ossewa onvermydelik met die Groot Trek en groot geskiedkundige gebeure soos die Slag van Vegkop en Bloedrivier. Sonder die ossewa sou hierdie gebeure inderdaad ook nie denkbaar wees nie. Maar Erik Holm toon in hierdie boek aan dat die ossewa ’n onmisbare en onmiskenbare betekenis vir die ganse ontwikkeling van Suider-Afrika gehad het: in die verkenning van die binneland, die migrasie van verskillende groepe setlaars gedurende die 18de tot diep in die 20ste eeu, die vervoer van swaar toerusting deur transportryers vanaf kushawens na die nuwe mynbougebiede in die Noord-Kaap en die ou Transvaal, as mobiele tenk en blokhuis gedurende die Anglo-Boereoorlog en, voor die algemene gebruik van motorvoertuie, as algemene vervoermiddel van mense en hulle bagasie. Daarby het die ossewa ’n groot invloed op die Afrikaanse taal en letterkunde gehad en duik dit selfs vandag nog op as onderwerp van populêre liedjies. Talle kunstenaars het die ossewa in hul werk uitgebeeld en as simbool het ossewaens op munte, seëls en die wapens van talle instansies en lande verskyn.

Tegniese aspekte van die bou en bedryf van die ossewa word in fyn besonderhede beskryf, en die geduldige trekos kry deernisvolle aandag. Hierdie formidabele publikasie is ryklik geïllustreer met tekeninge, kunswerke en foto’s en bied ’n verrassende nuwe blik op die geskiedenis van Suid-Afrika vanuit ’n ongewone hoek aan.

 


 

Wat die kenners sê:

As voorste lewende kundige oor die ossewa lewer die skrywer … met hierdie boek ’n onskatbare bydrae tot die Afrikaanse kultuurgeskiedenis. Holm verweef sy ervaring en kennis op ’n deursigtige wyse met die historiese bronmateriaal oor die wa, sy toebehore, sy gebruike, die trekos en die rol van al hierdie aspekte in die vorming van die gemeenskaplike geheue van die Afrikaner.

– Dr. Jeanette van Rensburg, historikus en erfeniskonsultant

 

Met hierdie boek het die skrywer probeer om die trotse rol wat die ossewa in die Afrikaanse maar ook Suid-Afrikaanse kultuur en geskiedenis gespeel het, ’n staanplek te gee (lieflike woordspel al klaar) voor al die waens en inligting verlore gaan. En wees verseker, dit kan maklik verlore gaan.

 – Prof. Fransjohan Pretorius, historikus

 


Teikenmark:

Mense wat belangstel in die geskiedenis, rytuie, munte, seëls, die Afrikaanse taal en letterkunde, osse en talle ander onderwerpe. Die boek is toeganklik geskryf en is dus gerig op die breë publiek, maar die deeglike navorsing waarop dit berus, maak die boek ook ’n moet vir historici.

Dimensies 260 × 10 × 210 mm
Genre

Geskiedenis

Outeur

Erik Holm

Verskyningsdatum

September 2020

Aantal bladsye

372