Erik Holm is een van Suid-Afrika se baanbreker-entomoloë met ’n groot aantal wetenskaplike publikasies op sy kerfstok. Hy het wye bekendheid verwerf vir sy deelname aan radioprogramme soos Hoe verklaar jy dit.

Hy skryf ’n gereelde rubriek vir Beeld en tree op as raadgewer oor ekologies-haalbare boerdery- en ander praktyke. Daarby restoureer hy ou ossewaens en het die Ossewa-lodge by Hartbeespoortdam begin.

~ Boeke ~

Homo sapiens en ander diere

R230.00

Hierdie keur uit Erik Holm se koerantrubrieke fokus op die mens se verhouding met ander lewensvorme en vra vir ernstige besinning oor die mens se plek op die aarde.

ISBN: 978-0-620-77581-6-1

Kategorie:

Etiket:

In die eerste afdeling kom die mens se saambestaan met ander lewendes ter sprake en word etiese vraagstukke soos uitwissing en uitroeiing bespreek. Ook die ou vraag van oorerwing of opvoeding word uit verskillende hoeke belig. Holm vertel meesleurend van vreemde dierlike verskynsels, soos sommige voëls se spoggerige sterte, maar wys dan op heel vermaaklike wyse daarop dat dié verskynsels ook menslike ekwivalente het! Hy spot ligweg met “groen”sentimente en wanopvattings oor volhoubaarheid, hersiklering en allerhande menslike vrese, maar wys ook op die noodsaak om vermorsing te bekamp. Die laaste afdelings handel oor politieke, ekonomiese en kulturele verskynsels. Hy vra ook of wetenskapsbeoefening soos ons dit ken, dalk sy einde bereik het, want wat bly daar nog oor om uit te vind? Boonop is daar in ons tyd soveel bygelowe, foefies en verdraaide feite in omloop dat rasionele denke dikwels op die agtergrond geskuif word. Laastens raak hy ook aan mooi Afrikaanse diere- en plekname en ons neiging om te bewaar en te vergaar.

In sy rubrieke spreek Erik Holm hom uit oor al wat ’n ding is, of dit nou te make het met politiek, boerdery, hersiklering, die bedreiging van spesies en habitatte, vooroordele of ingewikkelde wetenskaplike teorieë.  Of ’n mens nou saamstem met alles wat hy skryf of nie, Erik Holm is altyd intelligent, verrassend en stimulerend.

 


 

Teikenmark:

Algemene publiek. Holm skryf op ’n hoogs toeganklike en onderhoudende manier oor ’n wye reeks onderwerpe. Pentekeninge deur die skrywer self lewer humoristiese kommentaar op die ernstige en aktuele sake in die rubrieke.

Gewig 0.35 kg
Dimensies 152 × 222 mm
Outeur

Erik Holm

Genre

Populêre Wetenskap

Verskyningsdatum

Januarie 2018

Aantal bladsye

220