Getye van tyd

R200.00

’n Bewustheid van die kwesbaarheid van waardevolle dinge en verganklike dinge onderlê Heilna du Plooy se vierde digbundel. Voortgang, verandering, bewaring en verlies word op konkrete wyse teen die agtergrond van die immer bewegende see, die jaargetye en die kortstondigheid van die menslike lewe verwoord.

ISBN: 978-0-6397-4612-8

Kategorie:

Etikette: ,

Met die skilderkuns en die woordkuns kan die kunstenaar en digter hoogstens ’n poging aanwend om oor die aardse bestaan te besin, iets daarvan te probeer begryp en met die woord of beelde op doek te bewaar.

Die digter skryf met bewoënheid in helder taal oor ervarings wat sowel pyn as vreugde meegebring het. Vir haar is die skryfproses soortgelyk aan die skilderkuns, want “… stillewes is wat ons skryf”, om so iets te behou van wat gedoem is om fisies te vergaan. See, wind, die seemeeu, die gang van getye en seisoene is metafore van alles voortdurend verander en wat moontlik behou kan word.

Vertalings van gedigte uit ander letterkundes waarin historiese veranderinge en menslike lotgevalle neerslag gevind het, sluit die bundel af. 

Gewig 1 kg
Dimensies 152 × 6 × 222 mm
Genre

Poësie

Outeur

Heilna du Plooy