Heilna du Plooy was hoogleraar in Afrikaans letterkunde aan die NWU en het benewens talle akademiese publikasies ook drie digbundels, vertalings uit Nederlands, ’n roman en ’n versameling briewe van prof. Elize Botha gepubliseer. Sy en haar man, prof. Dries du Plooy, woon tans in Jeffreysbaai.