Liedjes/Liedjies
Liedjes/Liedjies

Liedjes/Liedjies

R230.00

Met die vertaling van Nachoem Wijnberg se Liedjes word ’n veelbekroonde hedendaagse Nederlandse digter se werk toeganklik gemaak vir die Afrikaanssprekende leser.

ISBN: 978-0-620-95640-6

Kategorieë: ,

Etikette: ,

Met die vertaling van Nachoem Wijnberg se Liedjes word ’n veelbekroonde hedendaagse Nederlandse digter se werk toeganklik gemaak vir die Afrikaanssprekende leser. Die “liedjies” handel meestal oor die tradisionele temas van die poësie: die seisoene, die oorgang van dag na nag, samesyn, afskeid, afstand, en bowenal die liefde. In elke nuwe liedjie probeer die digter om die beste woorde te vind om die brose verhoudings tussen mense te beskryf en so te behou. Ook herinneringe moet vasgevat en bewaar word. Maar met verloop van tyd raak dinge verlore en ’n atmosfeer van verlange en verlies word in talle gedigte geskep. Die slot van die liedjie oor sy ouers is kenmerkend van die stemming wat met eenvoudige taal tot stand kan kom:

Ek wens dat

            ek my pa, ma,

            weer terug kon hê,

            wat ek by hulle gekry het,

            wil ek teruggee.

 

Die oorspronklike Nederlandse gedigte en die Afrikaanse vertaling daarvan verskyn langs mekaar in die bundel, sodat lesers wat daarin belangstel, dit maklik met mekaar kan vergelyk.


Teikenmark:

Alle liefhebbers van poësie wat iets meer van die eietydse Europese digkuns te wete wil kom.

Dimensies 152 × 222 mm
Genre

Poësie

Outeur

Nachoem Wijnberg

Vertaler

Daniel Hugo

Verskyningsdatum

Oktober 2021

Aantal bladsye

188