Insektarium en ander gedigte

R130.00

Soos duidelik uit die titel blyk, skryf Marais hier oor insekte en ander klein lewensvorme soos virusse.

ISBN: 978-0-620-77582-3

Kategorie:

Etikette: ,

Met hierdie bundel sluit Marais aan by sy bundels Aves wat uitsluitlik oor voëls gehandel het, Diorama wat die klem op diere laat val het en In die bloute wat op die see en seelewe gefokus het. Soos duidelik uit die titel blyk, skryf Marais hier oor insekte en ander klein lewensvorme soos virusse.

Marais is bekend daarvoor dat sy gedigte respek het vir wetenskaplike kennis: Die wetenskaplike name van spesies word by die gedigte gegee, die feite moet korrek wees en die habitatte waarin die diere, plante en voëls voorkom, word versigtig uitgebeeld. Maar hy skryf ook oor die waarneming van insekte en die impak wat virusse en parasiete soos die Ebolavirus en die parasiet wat malaria veroorsaak. Die bundel is dus nie net ‘n “poëtiese” beskrywing van klein lewensvorme nie.

Marais word nie verniet as Afrikaans se belangrikste ekodigter beskou nie: Dit gaan veral oor die samehang van lewensvorme en die mens in wie se hande die grootste verantwoordelikheid vir die oorlewing van spesies is. Ten slotte besin die digter ook oor sterflikheid en wat die indiwidu, in hierdie geval spesifiek die digter of  “kultuurmens”, vir die aarde nalaat.

 


 

Teikenmark:

Vir liefhebbers van natuurpoësie en die buitelewe, ook relevant vir omgewingsbewustes.

Gewig 0.1 kg
Dimensies 137 × 213 mm
Outeur

Johann Lodewyk Marais

Genre

Poësie

Verskyningsdatum

Januarie 2018

Aantal bladsye

72