Skeletaal

R180.00

Colin skryf met begrip oor die stemlose kwesbares van die samelewing.

ISBN: 9780620980845

Kategorieë: ,

Etikette: ,

Die drang om die  ongesiende en ongehoorde oop te dek loop soos ‘n slagaar deur Skeletaal: die binnegoed van ‘n krap, die woordlose boodskap van ’n komeet oor die Karoo, die kodes van die taal van gekweldes en hul heelmeesters insgelyks, die betekenis van simbole/rituele van manlikheid soos jag, sport en die najaag van rykdom, die waarde van ’n netjiese kapsel vir ’n vrou wat seniel raak. Franco Colin dig met begrip en erbarming oor dié wat nie naatloos/netjies inpas in die gewone wêreld nie – die anoreksiese vrou, die psigotiese kunstenaar, die man wat seniel word en die outistiese kind. Ook die kwesbaarheid van kunstenaars wat uitdaag en ontwrig vind op gevoelige wyse neerslag in verse wat die leser eweneens dwing om vooroordele te konfronteer.

 

 

Franco Colin is ‘n psigiater van Pretoria wat benewens sy mediese kwalifikasies ook ’n meestersgraad in Kreatiewe Skryfwerk verwerf het. Hy tree gereeld op as forensiese psigiater en het ’n bekende gesig geword deur sy kundige kommentaar in Katinka Heyns se reeks ’n Lewe met …

Gewig 1 kg
Dimensies 153 × 5 × 222 mm
Genre

Poësie

Outeur

Franco Colin