Elly Holm: van Berlyn tot Hartbeespoort
R420.00
Die veelsydige kunstenares Elly Holm se lewensverhaal begin in Berlyn en na talle grootpaaie en afdraaipaaie eindig dit by die Hartbeespoortdam.
As enigste broodwinner na haar man Erik se lewenslange gevangenisstraf staan Elly voor groot uitdagings, maar ten spyte daarvan bly sy tot op hoë ouderdom steeds skeppend aan die werk.
Die veelsydige kunstenares Elly Holm se lewensverhaal begin in Berlyn en na talle grootpaaie en afdraaipaaie eindig dit by die Hartbeespoortdam.
Sy ontmoet en trou met die Suid-Afrikaner Erik Holm. Ná die Tweede Wêreldoorlog word Erik in Suid-Afrika aan hoogverraad skuldig bevind weens sy werk by Radio Zeesen wat pro-Duitse programme in Afrikaans uitgesaai het. Elly volg hom om in die verhoor te getuig. Nadat Erik tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis is, kom hul kinders en ouma Elly ook na Suid-Afrika.
As enigste broodwinner staan Elly voor groot uitdagings, maar haar innerlike krag en vermoë as kunstenaar voer haar deur die moeilike omstandighede. Sy bly tot op hoë ouderdom steeds skeppend aan die werk. Elly Holm word vandag onthou vir die veelsydigheid van sowel die onderwerpe as die mediums wat sy gebruik het en waarin sy soms baanbrekerswerk gedoen het. Haar kenmerkende Ψ-simbool pryk op kunswerke by universiteite, skole, biblioteke, kerke en talle huise.
| Weight | 0.750 kg |
|---|---|
| Dimensions | 245 × 165 × 25 mm |
| Genre | Biografie |
| Outeur | Dieter Holm |





