Imprimatur Boekbekendstelling Mar 2021

Imprimatur Uitgewers nooi u vriendelik uit na die bekendstelling van Veldboek deur Johann Lodewyk Marais en Konfessies, kaarte en konterfeitsels deur Joan Hambidge.
Dit vind plaas op Saterdag 20 Maart 2021 om 10:00 vir 10:30 by Skuilkrans NG Kerk, h/v Cussonia- en Jan Albertslaan, Val de Grace, Pretoria.

Die ossewa en sy spore

Die twee publikasies en ander Afrikaanse boeke sal by die geleentheid te koop wees.
Prof. Erik Holm sal ook beskikbaar wees om eksemplare van sy monumentale Die ossewa en sy spore te onderteken.
Ingang is gratis, RSVP net voor of op 14 Maart 2021. Parkeerplek is op die terrein beskikbaar.