Die produktiewe akademikus, digter en deesdae ook bedrywige blogskrywer Joan Hambidge is bekend vir haar gedigte oor reise, die brose verhoudings tussen mense en die soms fatale eise wat bekendheid aan mense stel. Sy is verbonde aan die Universiteit van Kaapstad waar sy letterkunde en kreatiewe skryfwerk doseer.