Konfessies, kaarte en konterfeitsels - Joan Hambidge

Konfessies, kaarte en konterfeitsels

R200.00

Die titel is ’n sleutel tot die verstaan van die gedigte in Joan Hambidge se 22ste digbundel: belydenisse, landkaarte en reiskaartjies, maar ook verwerkings en selfs vervalsings van sekere ervarings.

SKU: 978-0-620-90397-4

Categories: ,

Tags: ,

Die titel is ’n sleutel tot die verstaan van die gedigte in Joan Hambidge se 22ste digbundel: belydenisse, landkaarte en reiskaartjies, maar ook verwerkings en selfs vervalsings van sekere ervarings. Verlies is die deurlopende tema. Sy skryf eerstens op ontroerende wyse oor die wegglip van die geliefde moeder, haar dood en begrafnis en die terugkerende herinneringe. Naas gedigte oor die rouproses is daar ook kosbare herinneringe wat die verhouding tussen moeder en dogter belig. Daar is ook herinneringe aan haar kollega en mentor, wyle prof. Henning Snyman, en ’n aantal huldigingsgedigte vir bekendes soos Maria Callas, Julia Kristeva en Leonard Cohen, wat op ’n bondige wyse aspekte van die afgestorwenes se lewens uitlig.

’n Tweede lyn wat deur die bundel loop, is dié van reise na lande soos Chili, die VSA, Marokko en Namibië. Die reise word ook pelgrimstogte wat deel van die rouproses en die hantering van verlies is.

 


 

Target Market

Die temas van verlies en rou maak hierdie gedigte vir ’n wyer gehoor toeganklik vir almal wat al iemand verloor het en wat hul eie gevoelens in Hambidge se gedigte sal herken.

Dimensions 152 × 222 mm
Genre

Poetry

Outeur

Joan Hambidge

Verskyningsdatum

Februarie 2021

Aantal bladsye

122