Imprimatur Uitgewers nooi u vriendelik uit na die bekenstelling van Dolf van Niekerk se “Aan die deur van die wis en die onwis” en Pirow Bekker se “Berigte uit die skemerland“.

Dit vind plaas op Donderdag 14 Maart om 17:30 vir 18:00 by Tambotiestraat 46, Val de Grace, Pretoria.

Die twee publikasies en ander boeke sal by die geleentheid te koop wees.

Parkeerplek is op die terrein en in Tambotiestraat beskikbaar onder toesig van veiligheidswagte.

Ingang is gratis, RSVP net voor of op 8 Maart.