Die Platberg van Harrismith
Die Platberg van Harrismith

Die Platberg van Harrismith

R275.00

n Opvallende landmerk op dié roete, naamlik die Platberg ten noorde van die dorp, vorm die kern van hierdie boek. Die boek lewer ’n boeiende bydra tot streeksgeskiedskrywing in Afrikaans en bied waardevolle inligting vir besoekers oor Harrismith en sy omstreke.

ISBN: 978-0-620-93882-2

Kategorieë: ,

Etikette: ,

Die Oos-Vrystaatse dorp Harrismith is geleë op die hoofpadvervoerroete tussen Gauteng en KwaZulu-Natal en is bekend aan talle binnelandse reisigers en vakansiegangers op weg na die Drakensberge, die middellande en die suid- en noordkus van KZN. ’n Opvallende landmerk op dié roete, naamlik die Platberg ten noorde van die dorp, vorm die kern van hierdie boek. Die berg is millennia gelede deur magtige geologiese prosesse gevorm en is die tuiste is van grotte, watervalle, waterstrome, versteende boomstamme en rotstekeninge, asook unieke plant- en dierspesies. Met Harrismith, een van die oudste dorpe ten noorde van die Gariep as middelpunt het die unieke omgewing en koue klimaat ’n eiesoortige karakter ontwikkel wat ook neerslag gevind het in die werk van skrywers soos dr. Petronella van Heerden, Klaas Steytler, Lina Spies, Johann Lodewyk Marais, Leon Strachan en Engelstalige werke van skrywers soos Harry Loots, Gillis van Schalkwyk en Constantine Georghiou. Die boek lewer ’n boeiende bydra tot streeksgeskiedskrywing in Afrikaans en bied waardevolle inligting vir besoekers oor Harrismith en sy omstreke.


Teikenmark:

Gerig op ’n wye leserspubliek wat in streeksgeskiedenis, die unieke Drakensbergse omgewing en die Oos-Vrystaat belangstel.

Dimensies 152 × 222 mm
Genre

Poësie

Outeur

Johann Lodewyk Marais

Verskyningsdatum

Julie 2021

Aantal bladsye

150