Outeurs

Joan Hambidge

Joan Hambidge

Die produktiewe akademikus, digter en deesdae ook bedrywige blogskrywer Joan Hambidge is bekend vir haar gedigte oor reise en die brose verhoudings tussen mense.

Dr Meyer van Rensburg

Dr Meyer van Rensburg

Dr. van Rensburg het sy loopbaan as klankingenieur begin, maar hom verder in die teologie bekwaam, ’n doktorsgraad behaal, by verskillende universiteitskolleges doseer en sewe boeke oor teologiese onderwerpe geskryf.

Heilna du Plooy

Heilna du Plooy was hoogleraar in Afrikaans letterkunde aan die NWU en het benewens talle akademiese publikasies ook drie digbundels, vertalings uit Nederlands, ’n roman en ’n versameling briewe van prof. Elize Botha gepubliseer. Sy en haar man, prof. Dries du Plooy, woon tans in Jeffreysbaai.

Johann Lodewyk Marais

Johann Lodewyk Marais is bekroon met die Ingrid Jonker-prys vir sy debuutbundel, ‘Die somer is ‘n dag oud’ en het die SALA-prys vir ‘Diorama’ ontvang.

Heinie Heydenrych

Heinie Heydenrych is ‘n historikus wat verbonde was aan die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing en die Universiteite van Natal en Pretoria.

Dolf van Niekerk

Dolf van Niekerk vier vanjaar sy 90ste verjaardag. Hy het sy loopbaan begin as omroeper by die destydse Afrikaanse diens en later oorgeskuif na Landbouradio.

Pirow Bekker

Pirow Bekker, ’n gebore Vrystater, se lewe is so gevarieerd soos sy skryfwerk. Hy het sy loopbaan as koerantman begin, was onderwyser, dosent in Afrikaans en later hoof van die Dokumentasiesentra by die RGN.

W.J. Henderson

Prof. W.J. Henderson is emeritusprofessor in Griekse en Latynse Studies aan die Universiteit van Johannesburg.

Erik Holm

Erik Holm is een van Suid-Afrika se baanbreker-entomoloë met ’n groot aantal wetenskaplike publikasies op sy kerfstok.

Henning van Aswegen

Henning van Aswegen is ’n skrywer en ’n intelligensiehistorikus wat spioenasieverhale uit Suid-Afrika se geskiedenis beskryf en ontleed. Hy is ’n afgetrede dosent in Intelligensiekunde aan die Nasionale Intelligensie-Akademie in Pretoria.

Bester Meyer

Bester Meyer

Bester Meyer is in Alberton gebore. Hy studeer regte en staan tans in die regsberoep. Meyer debuteer in 2020 met Die Testament, wat bekendgestel is saam met toonsettings van Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker ander digters: Musiek vir jou ure. Twee bundels literêre omdigtings verskyn ook uit sy pen. Hy hou van joga en musiek maak […]

Dieter Holm

Prof. Dieter Holm is in 1936 in Pietermaritzburg gebore, maar die gesin verhuis in 1938 na Duitsland. Ná hulle terugkeer na Suid-Afrika woon hulle naby die Hartbeespoortdam. Dieter behaal in 1997 ’n Ph.D.-graad in Argitektuur aan die Universiteit van Pretoria waar hy dosent en later departementshoof was. Hy verrig baanbrekerswerk op die terrein van omgewingsvriendelike […]

Riël Franzsen

Riël Franzsen was tot met sy aftrede hoogleraar in Belasting beleid en -bestuur aan die Universiteit van Pretoria. Tans woon hy en sy vrou Karin in die omgewing van Hermanus. Sy eerste digbundel, Narokkong, het veral op die verhouding met hul outistiese seun gefokus. Riël is ook ’n entoesiastiese voëlkyker en natuurliefhebber.