
Erik Holm is een van Suid-Afrika se baanbreker-entomoloë met ’n groot aantal wetenskaplike publikasies op sy kerfstok. Hy het wye bekendheid verwerf vir sy deelname aan radioprogramme soos Hoe verklaar jy dit.
Hy skryf ’n gereelde rubriek vir Beeld en tree op as raadgewer oor ekologies-haalbare boerdery- en ander praktyke. Daarby restoureer hy ou ossewaens en het die Ossewa-lodge by Hartbeespoortdam begin.
~ Boeke ~
[UIT DRUK] Homo sapiens en ander diere
R230.00
[UIT DRUK] Hierdie keur uit Erik Holm se koerantrubrieke fokus op die mens se verhouding met ander lewensvorme en vra vir ernstige besinning oor die mens se plek op die aarde.
In sy rubrieke spreek Erik Holm hom uit oor al wat ’n ding is, of dit nou te make het met politiek, boerdery, hersiklering, die bedreiging van spesies en habitatte, vooroordele of ingewikkelde wetenskaplike teorieë. Of ’n mens nou saamstem met alles wat hy skryf of nie, Erik Holm is altyd intelligent, verrassend en stimulerend.
Teikenmark:
Algemene publiek. Holm skryf op ’n hoogs toeganklike en onderhoudende manier oor ’n wye reeks onderwerpe. Pentekeninge deur die skrywer self lewer humoristiese kommentaar op die ernstige en aktuele sake in die rubrieke.
| Gewig | 0.35 kg |
|---|---|
| Dimensies | 152 × 222 mm |
| Outeur | Erik Holm |
| Genre | Populêre Wetenskap |
| Verskyningsdatum | Januarie 2018 |
| Aantal bladsye | 220 |





